Roger Bushell

Roger Bushell
Roger Bushell

Bynaam(e) Proccy
Geboortedatum 30 Augustus 1910
Geboorteplek Springs, Gauteng, Unie van Suid-Afrika
Sterfdatum 29 Maart 1944 (33 jaar oud)
Sterfplek Saarbrücken, Nazi-Duitsland
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Britse Lugmag
Jare in diens 1932–1944
Rang Eskader-leier
Poste beklee No. 92 Squadron RAF (1939-1940)
Veldslae/oorloë Tweede Wêreldoorlog

Roger Bushell (30 Augustus 1910 - 29 Maart 1944) was 'n Suid-Afrikaans-Britse advokaat en vlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy was bekend vir sy gewaagde ontsnappingspogings, veral uit Stalag Luft III. Hy is in Springs gebore en beide sy ouers was van Engeland afkomstig

Na laerskool het sy ouers hom na Wellinton College in Engeland gestuur en na skool is hy na Pembroke-kollege in Cambridge waar hy in die regte studeer het. Hy het in 1933 die gekombineerde Oxford-Cambridge-skispan se kaptein geword.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy